RSG Landbou 3 September 2020

Hoe beplan 'n graanboer vir die komende seisoen as die grootte van die belangrikste hulpbron, reënval, onbekend is? 'n Akkerboukundige, dr. Andre Malan, praat hieroor. Ons hoor by WJ Steyn van Swine Nutrition Management wat belangrik is by die voeding van 'n vervangingsog. Johan van den Berg gesels oor die weer, en ons vind uit van 'n monument wat onlangs by Kenhardt vir Suid-Afrikaanse boere opgerig is.