RSG Landbou 2 September 2020

Landbou in Limpopo het die afgelope paar jaar onder talle uitdagings gebuk gegaan, soos bek-en klouseer en droogte. Deidre Carter van Agri Limpopo gesels oor hulle afgelope kongres en fokuspunte. Volgens dr. Louis du Pisani is daar talle doodsondes as dit by die bestuur van kleinveekuddes kom. Hy bespreek sewe van hierdie sondes. En Douw van Wyk van BKB Louwid gesels oor die toekoms van veilings en die waarde wat dit vir boere het.