RSG Landbou 1 September 2020

Ons nader die groenseisoen, en dit is wanneer natuurlike weiding vir vee smaaklik, voedsaam en hoogs verteerbaar is. Dié seisoen is egter kort, en byvoeding is nodig, veral vir produksiediere. Ewie Coetzee van Feedtek gee raad hieroor. Bertus van Heerden van die Melkprodusente-organisasie praat oor die plaaslike suiwelbedryf. Rina Belcher, ‘n melkbokboer en kaasmaker van Bapsfontein, vertel watter impak die COVID-19-inperkingsregulasies op hulle besigheid gehad het.