RSG Landbou 31 Augustus 2020

Laatlente en vroegsomer is wanneer koeie kalf en ooie lam. Daarom is dit belangrik om nou aandag te skenk aan die kondisie van vroulike diere. Dr. Pieter Henning gee waardevolle raad oor lentevoerbeplanning. 2020 is die jaar van verandering, en klemverskuiwings moet plaasvind. Landbouversekering is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Andries Wiese van Hollard verduidelik hoe versekeringsbehoeftes die afgelope paar maande verander het.