Hele Namibië beweeg na fase 3

Die Namibiese President Hage Geingob het die volk toegespreek oor Covid-19. Volgens Geingob is die koers van infeksies besig om drasties toe te neem. Gevalle in Namibië het binne vier maande 1000 bereik, binne 14 dae daarna 2000 en 11 dae daarna 3000 gevalle. Die hele Namibië sal in fase drie inperking beweeg teen middernag vanaand.