SA matrikulante môre terug skool toe

Suid-Afrikaanse matrikulante moet môre terugkeer skooltoe na ‘n twee-week-lange onderbreking, wat verlede maand deur President Cyril Ramaphosa aangekondig is. Die terugkeer-datum is egter nog nie in die staatskoerant gepubliseer nie en daar heers groot onsekerheid en verwarring oor die wettigheid van môre se terugkeer. Die Departement van Basiese Onderwys het vroeër die versekering gegee dat die proses teen Donderdag afgehandel sou wees. Die uitvoerende hoof van die Federasie vir Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole, Paul Colditz, sê die president se toespraak alleen kan nie as die wet beskou word nie: