Steenhuisen kla oor tenderkorrupsie

Die DA-leier, John Steenhuisen, het ’n dringende blitsdebat oor Covid-19-tenderkorrupsie in die Nasionale Vergadering aangevra. Hy het ook gevra dat spesiale eenhede van die Nasionale Vervolgingsgesag diegene ondersoek wat van onwettige bedrywighede verdink word en dat hulle met die volle mag van die wet vervolg word. Steenhuisen het geëis dat president Cyril Ramaphosa onmiddellik optree teen lede van die ANC wat van korrupsie verdink word: