Mainstream Foundation help gestremde kinders

Mainstream Foundation is 'n gemeenskap-gebaseerde organisasie in die Zambezi-streek wat in 2008 gestig is deur die ouers van gestremde kinders en daar is op die oomblik 45 kinders in sy sorg. Die doel van die stigting is om te verseker gestremde kinders het toegang tot vroeë kinderontwikkeling, kwaliteit onderwys, rehabilitasie, sosiale vaardighede ontwikkeling en voorspraak en druk vir hulle regte. Sylvia Chidunka, die Stigter van die organisasie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...