Renosterstropery in die buurland neem af

Goeie nuus uit die buurland is dat die Suid-Afrikaanse Departement van die Omgewing, Bosbou en Visserye se syfers vir die afgelope ses maande toon dat renosterstropery van Januarie tot Junie vanjaar met 53-persent gedaal het. Syfers toon dat slegs 166 renosters in die land, met 88 uit die Kruger-nasionale park, vir hulle horings doodgemaak is. ’n Woordvoerder van die departement, Albi Modise, sê die afname kan toegeskryf word aan verskeie strategieë en veldtogte wat die departement teen renosterstropery van stapel gestuur het: