Treu nuwe hoofafrigter van rugbyspan van Universiteit van Wes-Kaapland

Rugby: Die voormalige hulpafrigter van die Stormers, Paul Treu, is as die nuwe hoofafrigter van die Universiteit van Wes-Kaapland se rugbyspan aangestel. Treu neem die leisels van die Varsitybeker-span oor, en volg in die voetspore van die voormalige Springbok-vleuel Chester Williams, wat in September 2019 oorlede is. Treu, wat ook die Blitsbokke afgerig het, is ’n oudstudent van die UWK en het in 1993 ’n Hoër-onderwysdiploma verwerf. Hy sê hy kan nie wag om te begin nie: