Solidariteit optog begin 10 uur

'n Solidariteit optog is vir 10 uur vanoggend beplan in Windhoek. Die beoogde optog deur die Grondlose Mense Beweging, die LPM word gehou in solidariteit met inwoners van Walvisbaai in die lig van die streng inperkingsregulasies in die gebied asook die brand wat in die Otweya nedersetting, voorheen bekend as Twaloloka uitgebreek het. Die optog begin by die Sentrale Polisiestasie in Windhoek en eindig by die Zoo Park. Duminga Ndala, van die LPM se Jeug en Studente Bevelsafdeling het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...