SA ekonomie verwag groot inkrimping

Die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling skets ‘n donker-prentjie van die Suid-Afrikaanse ekonomie met ‘n geskatte agt-persent inkrimping vanjaar. Die Organisasie het gister ‘n opname oor die land se ekonomie vrygestel wat die huidige ekonomiese toestand, insluitende die impak van die Covid-19-pandemie in ag neem. Die direkteur-generaal van die Nasionale Tesourie, Dondo Mogajane, glo die aanvullende begroting sal help om ván die aanbevelings in die opname aan te spreek: