Nog onsekerheid oor skole

'n Belanghebbers vergadering is op 28 Julie gehou oor die heropening van skole. Tydens die vergadering is daar op 'n aantal eise besluit wat deurgegee is aan die Namibiese Minister van Onderwys, Anna Nghipondoka. Die eise het ingesluit dat skole Maandag sluit en dat die aankondiging Vrydag gemaak word. Indien daar nie gehoor gegee is aan die eise nie sou onderwysers en leerders na verwagting 'n massa betoging in Windhoek by die Ministerie van Onderwys se kantore en streekskantore in al 14 streke hou. President Hage Geingob het intussen wel bekend gemaak dat pre-primêre en Graad 1 tot 9 leerders se kontak-onderrig voorlopig gestaak word. Volgens Colette Rieckert, Voorsitter van die Privaatskole Vereniging is hulle nog onseker of dit privaat skole insluit maar hulle sal na berig word vandag uitsluitsel kry.