Inwoners moet tuis bly as hulle alkohol gebruik

Dis die einde van die maand wat beteken Namibiërs het meer fondse wat moontlik op alkohol spandeer kan word. Alkohol is tradisioneel een van die vernaamste dryfvere van misdaad in die land. Die Hoof van die Stadspolisie van Windhoek Abraham Kanime het inwoners van die hoofstad gevra om tuis te bly as hulle alkohol gebruik.