Atlantis-beleggingsprojek vir groen tegnologie in SA kan geleenthede skep

Die Stad Kaapstad het die oordrag van grond in Atlantis goedgekeur en nou kan die Atlantis-beleggingsprojek vir groen tegnologie gevestig word. Die projek is daarop gemik om bykomende beleggings te lok en vas te knoop sodat daar in die komende jare werksgeleenthede in Atlantis en omliggende gebiede geskep kan word. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Geleenthede en Batebestuur, James Vos, sê daar word verwag dat die projek teen 2034 ’n beraamde 15-miljard rand tot die provinsie se ekonomie sal bydra: