Pandemie dryf huur verder af

Die Bestuurder van Marknavorsing by FNB Namibië Frans Uusiku sê die swak ekonomie en die toenemende Covid-gevalle is ‘n teken van die negatiewe impak van die pandemie wat nog moet kom. Uusiku sê die jongste huurindeks het oor 12 maande met 0,3 persent gegroei en die koste van huur het verder gedaal.