Hartswater se mense kyk na Cyril

Die gemeenskap van Hartswater in die Noord-Kaap vestig nou die oë op President Cyril Ramaphosa om ‘n ingryping oor plaasmoorde te doen na gister se hofverskyning van die vyf beskuldigdes in die opspraakwekkende moord op die Brand-egpaar en hul dogter. Die Distriks-koördineerder van AfriForum in die Karoo, Lize-Mari Smit, het namens die gemeenskap die versoek aan Ramaphosa gerig nadat gemeenskaps-veilgheidsforums en boere ‘n optog na die hof gehou het.