Tweede vlaag op pad

Die Verenigde Koninkryk het sy hoogste aantal daaglikse korona-virus gevalle sedert verlede maand aangeteken. Daar is gister altesaam 846 nuwe gevalle en 38 sterftes aangemeld, wat die dodetal op 45 999 te staan bring. Die Premier, Boris Johnson, sê dat daar tekens van ‘n tweede vlaag in Europa is. Hy voeg by dat die swaar inperkings in sommige gebiede in die Verenigde Koninkryk nodig is.