Wysigings verwelkom

Die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet sê dit was hoog tyd vir gewysigde regulasies vir die staatskapingskommissie. Voordat die wysigings in werking getree het, is werknemers van die kommissie tot geheimhouding verbind en verbied om enige inligting oor hul ondersoeke te openbaar. Lawson Naidoo van Casac sê die besluit sal die Nasionale Vervolgingsgesag en die Valke help om hul ondersoeke na staatskaping te bespoedig.