Covid-bedrog word ondersoek in SA

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie gaan sy eie ondersoek doen na beweerde tenderbedrog met die verkryging van Covid-19-goedere in die Gautengse Gesondheidsdepartement. Dit volg nadat ‘n omstrede tender van 125 miljoen Namibiese doller aan Royal Bhaca Projects toegeken is. Buang Jones van die kommissie sê die ondersoek gaan sowat 6 maande duur, afhangend van die mate van samewerking wat hy kry.