Weermag voer operasie by Karibib uit

Die Namibiese Ministerie van Verdediging en Veteranesake het inwoners van veral Karibib gewaarsku dat die Namibiese Weermag 'n militêre oefening in die omgewing van Karibib sal uitvoer vanaf vandag tot 21 Augustus in die oggend tot nagenoeg 7 uur in die aande. Luitenant-Kolonel Petrus Shilumbu, die Hoof van die Openbare Betrekkinge Afdeling van die Ministerie van Verdediging het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.