Geingob praat vandag om 15:00

President Hage Geingob sal vanmiddag 3 uur die Namibiese volk toespreek in wat die Presidensie beskryf as die 14de Covid-19 perskonferensie. Die president sal waarskynlik die jongste bekend maak ingevolge die Covid-19 krisis. Rome Mostert van Cirrus in Windhoek is van mening dat Namibië nie instaat is om weer 'n totale inperking te trotseer nie.