Betogers sal soos terroriste behandel word - Zim polisie

Die Zimbabwiese polisie sê geen betogings sal vandag in die land toegelaat word nie. Die polisie het na berig word gesê dat alle betogers as terroriste hanteer sal word. Die polisie beweer hulle beskik oor intelligensie dat daar 'n groep mense is wat dreig om paaie te blokkeer, polisiestasies af te brand en vuurwapens te gebruik. Die polisie ontken dat sommige lede van die sekuriteitsmagte die betogings ten volle ondersteun. Setfree Mafukize, 'n Zimbabwiese Politieke Kommentator het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...