Personeel-kwessies by hospitale in Zimbabwe wek kommer

Sewe babas is doodgebore by die Harare Sentrale Hospitaal in Zimbabwe nadat dringende behandeling vertraag is weens personeel-kwessies volgens twee dokters. Verpleegsters is landswyd besig om te staak weens 'n tekort aan persoonlike beskermende toerusting en ander kwessies en die kraamsale word oorweldig. Volgens een van die dokters is die sterftes net die punt van die ysberg. Blessing Vava, die Streeksdirekteur van die Crisis in Zimbabwe Koalisie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...