Stad Windhoek wel onder druk

Met die aankondiging dat Stad Windhoek geen tariefverhogings vir water of elektrisiteit in die finansiële jaar gaan toepas nie, sowel as die bepaling dat die Stad gratis water moet voorsien, is daar kommer oor die munisipaliteit se finansiële volhoubaarheid. Harold Akwenye, Woordvoerder by Stad Windhoek, sê daar is wel druk op hulle finansies.