Vandag is Wêrelddag teen Mensehandel

Die Verenigde Nasies se Kantoor vir Dwelms en Misdaad sê daar is elke dag in elke land in die wêreld mensehandelaars wat mense uitbuit vir wins, en dat die armes en weerloses veral gevaar loop. Vandag is Wêrelddag teen Mensehandel en vanjaar se tema fokus op eerste reageerders op mensehandel. Die kantoor se Uitvoerende Direkteur, Ghada Waly, sê meer as 70 persent van slagoffers wat opgespoor is, is vroue en meisies, en byna ‘n derde is kinders.