Vyf verskyn vir Noord-Kaap plaasmoord

Vyf mense verskyn vandag in Hartswater in die Noord-Kaap in Suid-Afrika in die hof in verband met die moord op ‘n plaaslike boere-gesin. Die vyf is vroeër die week in hegtenis geneem nadat die polisie Dinsdag op die liggame van bejaarde egpaar Danie en Breggie Brand en hulle dogter, Elzabie, afgekom het. Hulle is vermoedelik Sondag ontvoer. Betogende boere van die gebied eis dat borgtog geweier word. Een van hulle, Johan Stoltz, sê die gemeenskap sal moet saamstaan om mekaar te beskerm.