Itula se IPC-party geregistreer

Die Onafhanklike Patriotte vir Verandering, IPC, van Panduleni Itula sal oor die naweek sy stigterskonvensie in die hoofstad hou. Die kleure en handelsmerk van die party sal Vrydagmiddag aan die media bekend gemaak word. Die Voorsitter van die Namibiese Verkiesingskommissie Notemba Tjipeua het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die party wel suksesvol geregistreer is.