Vroue, hardloop saam!!!!

Die Suid-Afrikaanse kaptein, Bongi Msomi, daag haar mede-Proteas uit om op 26 September aan ‘n virtuele wedloop, die Spar Virtual Challenge, deel te neem en daarmee te help om ‘n rekord op te stel vir die meeste deelnemers aan ‘n virtuele uitdaging vir vroue. Vir elke inskrywing sal ‘n kospakkie aan ‘n slagoffer van geslagsgeweld gegee word. Die woordvoerder vir die virtuele uitdaging, Dineo Siphoko, sê Msomi glo dit is tyd om deur hul deelname dankie te sê.