Suid-Afrikaners moet krag spaar

Eskom doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om te help om die vraag na elektrisiteit te verminder, veral gedurende die spitstye saans. Die kragreus het onderbrekings by verskeie kragstasies, waaronder Tutuka in Mpumalanga, gehad, wat die stelsel onder druk geplaas het. Eskom se Woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê hoewel spanne hard aan die werk is om eenhede te herstel, word verwag dat beperkinge op die produksievermoë nog ‘n geruime tyd sal voortduur.