Corruption Watch maak swakpunte bekend

Die Suid-Afrikaanse organisasie, Corruption Watch, sê senior openbare amptenare, administrateurs, beroepsmedici en bodmaatskappye is uitgeken as die vernaamste bonne van korrupsie in die buurland se openbare gesondheidsektor. ‘n Verslag deur die organisasie het onthul dat van die 670 korrupsiesake wat aangemeld is, was 39 persent in Gauteng, gevolg deur KwaZulu-Natal en Mpumalanga. Mzwandile Banjathwa van die organisasie sê die algemeenste vorms van korrupsie is die verduistering van fondse, gesinsbevoordeling en ander vorme van begunstiging.