Hindernisse tot mediese innovering moet verwyder word

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het ‘n nuwe uitgawe van die Trilaterale Studie oor Toegang tot Mediese Tegnologieë en Innovasie bekendgestel. Die publikasie poog om die begrip van die wisselwerking tussen die verskillende beleidsterreine van gesondheid, handel en intellektuele eiendom te versterk, en hoe dit innovering en toegang tot mediese tegnologieë beïnvloed. Die WGO se Direkteur-Generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê hindernisse tot toegang moet verwyder word, insluitend onbekostigbare pryse, ongeregverdigde tariewe en uitdagings om doeltreffende regulatoriese hersiening te verseker.