TLU SA bekommerd oor plaasmoorde

TLU SA is uiters bekommerd oor die styging in plaasaanvalle in die buurland wat die afgelope naweek weer gelei het tot vyf moorde. Henry Geldenhuys, die voorsitter van TLU SA se Veiligheidskomitee en Adjunkpresident van TLU SA sê die naweek se nege aanvalle bevestig dat die merkbare daling van geweldsmisdade op plase en hoewes gedurende die eerste paar weke van die inperking kortstondig was. Chris van Zyl, die Adjunk-Hoofbestuurder van TLU SA het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...