Cran reageer op hulle handhawing van besluit oor Stad Windhoek lisensie

Reaksie word ontvang nadat die Namibiese Kommunikasie Regulatoriese Owerheid, oftewel Cran sy besluit gehandhaaf het om 'n Omvattende Telekommunikasie Dienslisensie aan Stad Windhoek te oorhandig ongeag besware van verskeie belanghebbers. Jochen Traut, die Waarnemende Hoof Uitvoerende Beampte van Cran sê hulle sal egter billikheid in die sektor verseker.