Dimitrov sal waarskynlik Amerikaanse Ope misloop

Tennis: Die Bulgaarse speler, Grigor Dimitrov, het erken dat hy waarskynlik nie volgende maand aan die Amerikaanse Ope gaan deelneem nie, weens die ernstige impak van die koronavirus op sy gesondheid en fiksheid. Hy was die eerste speler wat op die Adria-toer positief vir Covid-19 getoets het. Die toer is deur die wêreld se nommer-een Novak Djokovic georganiseer. Dimitrov het verlede naweek sy eerste wedstryde gespeel sedert hy positief vir die virus getoets het. Hy sê hy ervaar steeds die nagevolge van die virus: