Haufiku het WGO genader oor malaria-medisyne

Die gebruik van hidroksichloroquin is weer in die nuus. Daar is ‘n video wat op sosiale media versprei word, volgens berigte van Amerikaanse dokters wat sê die medikasie, wat vir malaria ontwikkel is, werk vir die behandeling van korona. Die Amerikaanse President Donald Trump steun ook die gebruik van die produk. Maar, die Wêreldgesondheidsorganisasie sê daar is te veel newe effekte en dit is bewys om die hart aan te tas... Dr Bernard Haufiku, die Spesiale Gesondheidsadviseur in die Kantoor van die Adjunk President, met sy mening.