Cran se besluit geen verrassing

Reaksie word ontvang op die aankondiging dat Cran oftewel die Namibiese Kommunikasie Regulatoriese Owerheid sy besluit gehandhaaf van 29 April waarvolgens Stad Windhoek 'n Omvattende Telekommunikasie Dienslisensie ontvang het. ‘n Openbare verhoor is in die verband gehou nadat klagtes deur Paratus en MTC, onder andere, gemaak is. Eben de Klerk van ISG Namibië het ondersoek in die verband ingestel en hy meen dit is nie ‘n verrassing nie.