Inflasie in SA bly laag

Tussen Mei en Junie die jaar het inflasie in Suid-Afrika met 0,5 persent gestyg. Volgens Statistieke Suid-Afrika is die lae inflasiekoers baie goeie nuus vir verbruikers maar dui ‘n swak ekonomie aan omdat baie besighede nie in staat is om hul koste deur te gee aan verbruikers nie, veral onder die huidige ekonomies omstandighede. Kos en nie-alkoholiese drankies was 4,2 persent duurder teen Mei se 4,4 persent. Sogenaamde kerninflasie, wat kos, brandstof en krag insluit het na 3 persent gedaal teenoor 3,1 persent in Mei. Dawie Maree, ‘n Ekonoom in die buurland meen dit was die verwagting.