Ministerie is selfsugtig - vakbond

Die Vakbond Kongres van Namibië, bekend as Tucna, het hom sterk uitgespreek oor die heropening van skole, nie net in die Erongo-streek nie maar regoor die land. Hulle het vergader en sal later vandag die besluite bekendmaak. Die Sekretaris Generaal van Tucna Mahongora Kavihuha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die Ministerie van Onderwys is selfsugtig.