Ondersoek moontlike korrupsie, meen Afriforum

AfriForum in Suid-Afrika het die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, versoek om ‘n ondersoek van stapel te stuur na die 6 miljoen Namibiese doller wat die nie-winsgewende maatskappy Supplier Development Initiatives ontvang het. Die maatskappy se medestigter is President Cyril Ramaphosa se seun Andile, en is gestig om die minibustaxi’s in Gauteng aan te pas om aan die Covid-19-regulasies te voldoen. AfriForum se Woordvoerder, Monique Taute, sê hulle moet weet of daar korrupsie by die projek betrokke was.