Mediese personeel werk in gevaar

Met 'n toenemende aantal Covid-19 gevalle wat daagliks in Namibië aangemeld word het die Sekretaris Generaal van die Namibiese Verpleegsters Unie Junias Shilunga sy kommer uitgespreek oor die gesondheidsgevare wat verpleegsters in die gesig staar. Volgens Shilunga sê verpleegsters in verskillende streke van die land hulle beskik nie oor genoeg persoonlike beskermende toerusting nie.