Onnatuurlike sterftesyfer in SA onder die loep

Die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsaad wetenskaplikes sê hulle het vasgestel watter reuse-uitwerking die streng inperking gehad het op die onnatuurlike sterftesyfer van mense. Dit sluit in padsterftes, moorde en selfdood. Debbie Bradshaw van die raad sê hulle het ook bevind dat griepaanvalle, wat gewoonlik ‘n hoogtepunt bereik in die winter, onderdruk is deur Covid-19.