Grond is waardeloos as dit nie benut word nie

Die waarde van grond in Namibië word bevraagteken indien daar nie voldoende ondersteuning gebied word om die grond te ontwikkel nie. Daar is 'n groot hoeveelheid Namibiërs wat in besit is van grond maar nie oor die middele beskik om dit produktief aan te wend nie. Salomo Hei, 'n Ekonoom en Hoof van Navorsing by High Economic Intelligence Investment het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.