Reaksie oor globale verering van Goewerneur van BoN

Reputation Poll International, 'n toonaangewende globale reputasie-bestuur firma het die 2020 lys van 100 van die mees gerespekteerde Afrikane bekend gemaak. Daar is 47 vroue en 53 mans op die lys van verskillende sektore insluitend leierskap, vermaak, onderwys, raadgewing en besigheid. Die kriteria behels integriteit, sigbaarheid en impak. Die Goewerneur van die Bank van Namibië Johannes !Gawaxab is 58ste op die lys. Kazembire Zemburuka van die Bank van Namibië het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat....