IRR verwelkom IMF se besluit om SA regering op kennisgewing te plaas

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge verwelkom die besluit deur die Internasionale Monetêre Fonds om die buurland se regering op kennisgewing te plaas met die toestaan van ‘n lening van 70 miljard Namibiese doller. Die IMF het verklaar dat daar ‘n reuse behoefte is om ekonomiese grondbeginsels te versterk en skuld-volhoubaarheid te verseker deur fiskale konsolidering te doen. Woordvoerder Hermann Pretorius sê hierdie sleutel-kwessies weerspieël die strekking van die instituut se eie kommunikasie deur diplomatieke en ander kanale die afgelope twee maande: