Verskillende entiteite in Windhoek bevestig Covid-19 gevalle

Verskillende entiteite in Windhoek het positiewe Covid-19 gevalle bevestig. Van die jongste gevalle is die Katutura Landdroshof wat bevestig die gebou is ontruim en sal vir twee weke gesluit bly nadat 'n beampte daar positief getoets het vir Covid-19. Unam het intussen ook bekend gemaak dat een van sy personeellede ook positief vir Covid-19 getoets het. Die Stadspolisie van Windhoek het hulle hoofkwartiere gesluit nadat 'n beampte van die diens positief getoets het vir Covid-19. Volgens die Stadspolisie is alle beamptes huis toe gestuur wat in kontak was met die betrokke positiewe geval. Die betrokke beampte het diens gedoen as 'n taxi-inspekteur in die openbare vervoer afdeling. Die Hoof van die Stadspolisie Abraham Kanime...