Reaksie oor Dr Geingob se versoek aan party-lede

Reaksie word ontvang nadat die President van die Swapo party, Dr Hage Geingob lede van die regerende party gevra het om lojaal aan die party te bly deur steeds die party se waardes na te streef en nie vir hulle persoonlike gewin nie. Volgens Dr Geingob kyk sommige lede wat hulle uit die party kan ontvang en nie wat hulle tot die party kan bydra nie. Dr Ndumba Kamwanyah, 'n Namibiese Politieke Ontleder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...