Cope sê IMF-geld sal gesteel word

Intussen sê Cope in die buurland dat daar geen waarborg is dat die 70 miljard Namibiese doller wat Suid-Afrika by die Internasionale Monetêre Fonds geleen het, nie gesteel sal word deur gulsige, hartelose ANC-ontplooides nie. Die lening dra lae rente en sal bydra tot die regering se fiskale Covid-19-verligtingspakket van 500 miljard Namibiese doller. Dennis Bloem van Cope sê dit is kommerwekkend dat korrupsie op alle regeringsvlakke waargeneem word.