Meer mense sukkel tydens pandemie - Heilsleër

Die Woordvoerder van die Heilsleër in Suid-Afrika, Carin Holmes, sê Covid-19 speel ook ‘n beslissende rol in die organisasie se werk onder behoeftiges en haweloses, maar dat ‘n praktiese en pragmatiese aanslag hulle help om diegene onder hulle sorg deur moeilike omstandighede te versorg. ‘n Verbeeldingryke advertensieveldtog waarin individue gevra word om klere aan die Heilsleër te skenk wat as gevolg van ‘n paar vetrolletjies nie meer pas nie, is bekendgestel. Holmes benadruk dit dat ander behoeftes ook steeds ‘n rol speel.