Dringende aansoek teen De Klerk

Daar is ‘n opspraakwekkende dringende aansoek voor Regter Thomas Masuku in die Hoërhof vandag. Johan Penderis, saam met 6 ander aansoekers vra die hof om die omstrede voortvlugtige prokureur Maren de Klerk te dwing om te bedank as die eksekuteer van die Mushimba en Reviglio familie trusts. Die aansoekers beweer daar was wanbesteding van gelde en dat De Klerk nie in staat is om sy pligte uit te voer nie. Yanna Smith het die besonderhede.